Pages

Monday, May 9, 2011

Dit Raka dan nou lekker

Die naweek van 1-3 April is al vir drie weke van te vore met rooi pen in my dagboek afgemerk. Dit is immers die koms van Raka, ‘n ligte luim musiek fees wat net buite Swellendam gehou word op die Kam’Bati kampterrein, letterlik ‘n klipgooi van die Breederivier af.
My tasse is al die Donderdagaand gepak en Vrydag, begeesterd van opgewondenheid, durf ek die langpad aan. Vir ‘n fees wat al ‘n paar jaar aan die gang is, is die publisiteitsveldtog nie oordonderend nie en ek moes eers ‘n draai in Swellendam self maak voor ek presiese aanduidings kry na waar ek moet wees. Dit gee ek toe aan swak beplanning van my kant af en ‘n fees wat ‘n sekere intieme atmosfeer wil behou.








Daar aangekom vind ek ‘n plot teen die rivier. Langsaan sit ‘n “ou oom” diep in gedagte en kitaar speel.
Ek is vroeg en daar is nog nie veel om te doen nie. Ek loop maar rond en kyk hoe die mense haastig die stage gereed kry vir die groot geleentheid. Bertie van Zinkplaat, wat blyk om een van die organiseerders te wees (wat hy tot sy groot frustrasie telkemale aan my moes verduidelik) groet ewe vriendelik toe ek in die koelte by die bar gaan sit.
Skuins agter die stage is ‘n massiewe Raka monument van hout opgerig, kompleet met rooi oë wat helder in die nag sou skyn en deur die loop van die naweek ons met demoniese genot sou dophou.
Laat middag skop die musiek af met ‘n paar belowende acts in onder meer Margaret’s Daughter en Youth. Later die aand is ook Louwtjie Rothman, Ramblin Bones, Dane Taylor en Third World Spectator, wat sekerlik te hoogte punt van die aand was, ook op die verhoog.
Die mainstage sluit af en toe is dit bar toe waar ‘n klein, maar gesellige verhoog opgerig is vir die wat nog kans sien om hul talent voor ‘n oop mikrofoon te kom neerlê. Die meeste van die bekendes sit of staan tussen die res van die crowd en lyk heel gemkalik tussen die res van die oproerige en opgewonde proletedom. ‘n Sekere intiemiteit heers wat mens nie by ander feeste raakloop nie.
Die Satedagoggend na ‘n lange geworstel met ‘n kopseer wil ek my vriend aan die “ou oom” gaan voorstel. Met kitaar in hand loop ons oor en maak ons tuis op die sagte grond. Wonder bo wonder draai dit toe uit dat die “ou oom” die legendaries Tony Cox is. Ons sou later die aand harder as enige iemand skree toe hy op die verhoog is.
Deurlopend is daar kunstenaars op die stage en vir die wat nie besig was om krieket op TV te kyk, golfballe in die rivier in te slaan of nog besig was om te ontwaak nie was dit ‘n goeie verskoning om in die son te sit en kuier.
Die musiek is uiteenlopend. Van Willem Welsyn tot Voortvlugtend, van Jason Tamba tot Gary Thomas. Daar was beslis genoeg om van te kies en te keur.
The Pretty Blue Guns (wat besig is om groot opgang te maak in die Kaap), Foto na dans en No One’s Arc is die drie headliners. Elkeen lewer ‘n betowerende akoestiese rendisie van hulle repertoires wat mens nie net tot die verhoog geboei het nie, maar weer laat glo het dat daar wel nog goeie musiek skuil agter die skerm van kommersiële vermurwing.
Die laaste dag se line-up was seker van die beste. Met die Blues Broers, Albert Frost en Basson Laubscher wat die nou uigedunde gehoor met die een na die ander oorspronklike tune peper. Wilde kitaar solos, root blues en rou elektriese klanke wat rippels oor selfs die rivier stuur, kenmerk die laaste dag. Toe die laaste note speel is dit tyd om huis toe te gaan.
Terwyl ons oppak en praat oor die naweek se gebeure vang my oog ‘n beweging op die oorkantste oewer. Te veel goeie wyn en te min slap het rampspoedige gevolge op mens se denkproses. Kan dit regtig Raka die mens dier wees daar oorkant tussen die bosse of is dit net ‘n weerkaatsing van myself? Ek weet nie, maar ek sal beslis volgende jaar probeer uitvind.

No comments:

Post a Comment