Pages

Wednesday, May 4, 2011

Baarmoedergevoel

Indien Stellenbosch ‘n CV gehad het en dit somehow op Geskiedenis se lessenaar beland het, sou daar heel moontlik ‘n lang lys van bekendes as verwysings wees. Adam Tas, Simon Van Der Stel, Koos Kombuis, DF Malan om maar net ‘n paar te noem.

Geskiedenis sou dan sy grys baard krap, frons en wonder, Adam Tas? Wie de %@! Is Adam Tas? Die nuutste inskrywing sou sy oog vang en hy sou smile.

Baarmoedergevoel is ‘n 5-some, wat hul oorsprong het in die eike stad se lane. Hulle jam al vir die afgelope paar jaar saam en kombineer ‘n energieke mengelmoes van klanke.

Met ‘n musiek video wat deesdae meer op MK draai as wat ‘n opgeleide stripper in een minuut om ‘n glad ge-oliede paal kan swaai lyk dinge belowend vir hierdie jong band.

Ek het by die band gaan aan klop om te gesels oor die toekoms en hulle planne.




1. Julle het pas ‘n paar nuwe tunes op die internet gelaunch, wat was die motivering agter die besluit en kan ons binnekort ‘n nuwe album verwag?

‘n Nuwe album is dalk nog ‘n tydjie weg. Ons gaan nog 3 of 4 songs gan record hierdie komende week wat dan ook op Facebook gelaunch sal word. Die idée is om die songs te gebruik om hype op te bou oor die komende jaar.

2. Julle musiek video word nou gereeld op MK gespeel, het julle al enige reaksie daarop gekry?

Die reaksie was sover baie goed. Mense hou van die indie en creative vibe van altwee ons videos. Mens kan sien dat nie een van die twee groot budgets gehad het nie, maar altwee is iets anders an dit laat dit toe om uit te staan.

3. Het julle idees vir enige ander musiek videos?

Daar was ‘n idée met ‘n helicopter… maar verder is ek nie seker nie. Ons hou daarvan om vir ons directors heeltemal Vryheid te gee met dit, so hulle kom maar op met die idees.

4. Hoe verskil julle nuwe tunes met die voriges?

Effens meer eenvoudig, maar met baie energie. Die musiek is minder ernstig terwyl die woorde steeds is, neig die musiek na ‘n meer fun vibe toe.

5. Wat tot nou toe sal julle sê is die hoogtepunte in die band se lewe en waarna sien julle nog uit?

Die hogtepunt was seker die dag toe ons ‘n show in Patensie gespeel het en toe later in die Kaap saam
met Fokofpolisiekar gespeel het. Mal dag en mal lekker shows. Avontoer was ook definitief ‘n hoogtepunt en die show saam met Jack Parow in Purple Turtle.

6. Wat is beter, recording of live shows?

Dis verskillende tipe fun. Die een is ‘n kreatiewe tipe fun, die andeer een is energie uitlating. Maar
recording wen net-net.

7. Julle gevoel oor fans…

Ons het ‘n paar die-hard fans van die begin af en dit is great. Dis altyd ‘n goeie gevoel as ‘n klomp mense voor jou staan en jou song saam met jou sing. En natuurlik kry hulle die mense wat die band nog nie ken nie lekker aan die gang!

8. Julle gevoel oor musiek…

Musiek is great. Mense is geneig om dit te ernstig op te neem en die hele rock’n’roll persona raak
dikwels vir mense belangriker as die musiek, maar in Baarmoedergevoel het ons nog altyd gebly by ons eenvoudige liefde vir musiek. Ons meenings oor musiek mag dalk baie verskil, maar ons almal dig dit.

9. Julle gevoel oor groupies..

Ag wat, nog nooit myself regtig gesteur aan hulle nie.

10. Julle gevoel oor Avontoer…

Mal lekker party. Dit sou lekker gewees hetom wee rte gan, maar ag wat. Dit was ‘n awesome ervaring.

11. Julle gevoel oor Suid Afrikaanse bands…

Mense neig te veel om hulself op ander musiek te probeer model. Gevolglik sit ons elke jaar met 20+
nuwe bands wat soos Fokof probeer klink. Die probleem is dat its been done en jy gaan dit nie beter as
hulle doen nie. Daar is ‘n baie erge skaap mentaliteit wat nuwer musiek wat anders is gevolglik terug hou. Ongelukkig is die algemene Suid Afrikaanse musiek luisteraar te bang om ‘n unieke smaak te hê. Hulle sal eerder ‘n trend as hul eie smaak volg.

12. Julle gevoel oor jonk wees…

Dit sal lekker wees om nou weer weer 20 te wees. Dan is daar nog 4 jaar van hierdie malligheid wat
voorlê. Mens kan vir die res van jou lewe musiek maak, maar dis net wanneer jy jonk is dat jy ‘n struggling musician kan wees. En dit is great!

13. Julle gevoel oor die toekoms…

Wie weet wat die toekoms inhou. Mens kort net daardie een spark, een song wat die regte mense van
hou en dank an jy groot gaan. Ons hou maar duim vas vir dit. Maar ons beoog om vir die res van ons
lewens, wanneer ons die gap kry, musiek saam te maak.

14. Julle gevoel oor live shows…

Live show is maar ‘n hit en miss ding. Soms werk alles. Soms werk niks. Soms voel dit soos ‘n moerse schlep met die oppak an ry en als, en soms pla dit jou glad nie. Maar die kere wat dit wel goed gaan, maak dit alles die moeite werd. En natuurlik hoe langer jy saam speel, hoe meer gereeld gaan dit goed.

Artiekel deur Conrad Basson

No comments:

Post a Comment