Pages

Wednesday, May 4, 2011

'n Rockabily Warrelwind


 ‘n Goeie band is soos ‘n tattoo. Dit maak nie saak hoe hard jou ma skree, wat jou vriende daarvan sê of wat jy doen nie, as hulle eers onder jou vel ingekruip het is hulle daar om te bly.

Ek is by ‘n onlagse show, by die Assembly in Kaapsad, weereens gekonfronteer met ‘n band wat ‘n permanente prentjie in my geheue in ge-ets het.  Hulle naam, Them Tornados.

Daar was geen hoop regtig op ‘n ander uitkoms nie, want probeer jy gerus om van die prentjie ontslae te raak.

Die guitarist/vocalist (Ian Arrow) is ‘n tenger man met ‘s skewe leer hoed op sy kop, tog het hy die teenwoordigheid van tien. Die bass word aangevoer deur ‘n ou (Simon Perry) in ‘n wit frokkie wat konstant en sonder ophou aan sy double bass peuter. En die drummer (Matt Ferguson), ‘n reus van ‘n man, staan (ja staan) in die middle van die stage met ‘n skotse kilt en lyk of hy op enige oomblik of hy ‘n gat in sy snare gaan slaan.

My eerste ervaring van die band was in 2004, toe Mercury Live nog die monopoly van rock musiek in die Kaap besit het en hulle gigs aangebied het onder die naam van White Horse Sessions. Behalwe vir die whiskey wat gevloei het was mense ook bloot gestel aan bands soos Son of a Thousand Blues, 7th Son en The Tornados.

 Intussen het hulle ‘n nuwe lid, Simon  (wat double bass speel), by gekry en nog ‘n letter uit die alfabet gesteel om  ‘n ‘nuwe’ band Them Tornados te vorm. Gelukkig het die musiek nie verander nie, met energieke kitaar riffs, polsende tog eenvoudige drom ritmes en veeleisende ‘slap bass’ lyne wat kenmerkend van hulle is.

Meeste mense sal frons indien jy per ongeluk die term rockabilly in enige gesprek laat val, maar ‘n nuwe styl is dit beslis nie. Pioniers soos Elvis Presley en Carl Perkins het al vroeg ind die jare 50’s help geboorte gee aan die genre. Tog na bykans 60 jaar bly die eenvoudige vorm van rock nog hoogs aansteeklik en vind dit nogsteeds aanklank by vandag se jonger crowds.

Toe ek die band ‘n week na die gig kontak stem hulle gretig in om meer te praat oor hulle musiek en hulself. En dit is toe hoe ons een Sondag by die onlangse Tattoo Convention, by die V&A Waterfront bymekaar gekom het.

Die band lyk glad nie uit plek uit tussen die hordes mense met hulle ingekleurde lywe nie en die meisie wat aan ‘n anker vanuit die dak swaai nie. Hulle het immers die Vrydagaand die byeenkoms geopen en hulle hoof borg het ook ‘n uitstalling hier gehad.

Hulle is rustige ouens, face to face, maar daar skuil iets diepers, meer insigewends in hulle ook. Ek stik amper aan my bier toe ek hoor dat twee van die lede al in die veertigs is. Nie laat dit my opinie van hulle verander het nie.

Dat dit moeilik is om ‘n bestaan net uit musiek te maak kom aan die lig toe die ouens my in kennis stel dat elkeen nog in besit is van ‘n day job. Ian doen klank vir films en televisie, Simon is mede eienaar van ‘n restaurant en Matt werk nog vir die council.

Waar kry hulle dan die tyd om te oefen? Hulle frons eers en dan smile hulle. Oefen is iets wat hulle liefs probeer vermy. Hulle wil nie te rehearsed voorkom nie en dit laat inelkgeval vir meer ruimte om te improvise op die stage.

Them Tornados het ‘n soortgelyke benadering tot hulle live shows en elke vertoning is ‘n eerlike refleksie van die groep se mood op daardie oomblik. Hulle is afhanklik van mekaar en interaksie met die gehoor om elke gig ‘n eensoortige belewenis te maak en beplan glad nie ‘n optrede voor af nie. Ook maar goed so.


Hulle het Kaapstad al stukkend gegig en het juis uitgesien na ‘n show wat op die dak van die Daddy Long Legs Hotel sou plaasvind. In mart beplan hulle ‘n trip na Durban toe en hoop om die mense daar ook aan die dans te kry.

Al is die band nou jare aan die gang word hulle nogsteeds as ‘n underground act beskou en dit is ‘n jammerte dat hulle musiek nie meer ore bereik nie.

Daar is deesdae ‘n toenemende gewildheid vir groot byeenkomste en met Suid Afrika wat vinnig besig is om ‘n  fees kultuur te kweek (dink maar aan Oppi Koppie, Ramfest, Splashy Fen, Thornfest om maar net ‘n paar te noem), is dit besonder moeilik om te begryp waarom ‘n band soos Them Tornados nie op meer van die feeste se line-ups verskyn nie.

Naweek ‘get togethers’ is nie net daar om musiek op ‘n groot skaal vir mense te bring nie, maar dit is iets meer. Dit is ‘n belewenis. Goeie tye en herrinerringe word hier gekweek, met die klem op goeie tye. Waarom dan ‘n band uitlaat wat nie net hulle musiek op dieselfde manier benader nie, maar ook sorg vir groot joligheid wanneer hulle op die stage is?

Ian skud sy kop. “Hulle speel dit safe. Gaan vir die groot menere wat die crowds trek en moenie bother met die klein ou vissies nie.”

Maar dit beteken glad nie dat hulle nie deel wil wees van die gereelde spektakel nie. Inteendeel dit sal vir hulle moerse exciting wees om deel te wees van iets so groots, maar dit is ongelukkig nie in hulle hande nie.

“Musiek sal ons bly maak. Ek speel al kitaar al vandat ek 8 is”, sê Ian aan die einde van die gesprek. Ek glimlag en is bly om te sien dat niks hulle gaan onder kry nie.

Ek mik vir die deur. Erens in ‘n donker hoek hoor ek die skril gedreun van ‘n tattoo masjientjie wat ‘n permanente herrinnering op iemand se lyf forseer. Ek gaan huis toe, sonder ‘n merk op my liggaam, maar met iets meer, ‘n kleurvolle letsel op my siel, want weereens is dit aan my bewys dat musiek ‘n permanente indruk op jou laat. 

Deur Conrad Basson

Fotos deur Gavin Coetzee

No comments:

Post a Comment